Soek die webwerf Soek die wiki Soek alle geskiedenis webwerwe

pointe
Bookmark and Share

Deel 4 - Van ’n Afrikanerstaat na ’n Afrikastaat (1945-2005)

Inleiding

Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 beëindig is, was Suid-Afrika onder die seëvierende lande. In die stryd teen een van die grootste bedreigings vir vryheid en demokrasie in die geskiedenis van die Weste het die land groot opofferings gemaak. Die Geallieerdes het wel gewen, maar die Weste se gevoel van politieke en kulturele meerderwaardigheid het ’n knou gekry. In internasionale liggame het leiers van die Derde Wêreld geëis dat die Westerse lande hulle onverwyld aan die kolonies onttrek. Hulle is ook aangepor om Suid-Afrika te isoleer. Die dekolonisering van Asië en Afrika het op dreef gekom toe Indië in 1947 onafhank lik van Brittanje word. Die VSA het integrasie in sy weermag en ander instellings begin toe pas. Daarna was Suid-Afrika die laaste groot land met ’n rassebeleid gegrond op wit oor heersing en rassisme.

Lees verder ...