




| Featured writers |
In die 1850’s was Suid-Afrika ’n yl bevolkte gebied waar bestaansboerdery beoefen is en waarvan meer as 90% van die bevolking landelik was. Binne honderd jaar het dit in ’n snel verstedelikende industriële ekonomie verander. In 1865 was Kaapstad die grootste stad met ’n inwonertal van 38 000, en as handels- en finansiële sentrum kon slegs Port Elizabeth met die Moederstad meeding. Teen 1950 was Johannesburg verreweg die grootste stad, en Durban die vernaamste hawe. Die bydrae van die mynbou en vervaardigingsektor was dubbel dié van landbou, en hierdie twee sektore het ’n miljoen mense in diens geneem, van wie minder as ’n derde wit was.