




| Featured writers |
Vroeg in die 19de eeu is gemeenskappe in Suider-Afrika radikaal ontwrig. Van politieke organisasie en kulturele gebruike tot wie waar gewoon het, het dramaties verander. Tot onlangs is dié ontwrigting grootliks toegeskryf aan die Mfecane, ’n woord wat gebruik word om na Shaka Zulu se oorloë te verwys. Deesdae meen sommige geskiedskrywers egter dat dié gebeure die gevolg was van ingryping van Europeërs en mense uit die kolonies – uit die Kaapkolonie, Port Natal en Delagoabaai. Die Mfecane is van deurslaggewende belang in die geskiedenis van die subkontinent en het selfs so ver noord as die huidige Zambië, Malawi en Suid-Tanzanië ’n uitwerking gehad.